Search Locations, Establishments and Events

Philippolis Skou
Home > Africa > South Africa > Free State > Southern Free State > Philippolis > Events > Philippolis Skou
more on
Philippolis

Upload Photos, Add Events, Share Stories...Learn More


Need a place to stay in Philippolis?
Destination Billboards

Destination Billboards1. Tell us your preferences 2. Receive multiple offers and 3. Choose the best deal

Try it now for Philippolis accommodation with over 2 holiday accommodation establishments at your service.



Philippolis, se middedorp
Philippolis, se middedorp
© Foto: Jens Friis

 
Where Philippolis 
When 2008/11/06 to 2008/11/08

The little Vrystaat dorp of Philippolis is proudly celebrating its 80th consecutive show this year – and you don’t have to be over 80 to attend! One of the highlights is the prestigious Sadler Horse Regional Show which has been running for 28 years. Last year 302 horses entered from all over South Africa and this year should attract even more. Another great feature this year is a brand new event, the Vintage Motor Show!

Philippolis hou 80ste skou. Dié dorp bied vanjaar sy 80ste agtereenvolgende skou aan. Volgens mnr. Johan Lambrechts, ’n lid van die skoukomitee, is hierdie skou een van die oudstes in die land. Reëlings is reeds fluks aan die gang vir hierdie groot makietie tussen 6 en 8 November. Lambrechts merk skertsend op dat “almal jonger as 80 ook baie welkom is.”

Nie net word die Philippolis-skou 80 nie, dit is ook die 28ste agtereenvolgende jaar dat ’n saalperdstreekskou hier aangebied word.
“Die belangstelling is groot om deel te wees van hierdie prestige geleentheid.”
Jaarliks wil soveel saalperdtelers hul perde hier vertoon dat daar nie genoeg stalle is nie. Verlede jaar was hier 302 saalperde uit alle uithoeke van die land. ’n Nuwigheid vanjaar is ’n veteraanmotoruitstalling wat gereël word deur mnr. André Kolver. Lambrechts is verheug oor Philippolis se jonger boere wat begeesterd is oor die skou.
“Dit kan beteken dat ons skou nog 100 jaar oud kan word.” In hierdie verband noem hy vir mnre. G.B. Pienaar (saalperde), Niel Kruger (dorpers), Willem Lubbe en D.G. Snyman (merino’s), L.P.J. Fourie en Johan Strauss (boerbokke).
“Soos in die verlede gaan ons weer al die senior mense wat in die verlede ’n mooi bydrae gelewer het by hul besondere rasse nooi vir ’n lekker saamkuier. Philippolis se skou het nie dié staatmakers vergeet nie.”

Tips from Samantha
Bespreek vroegtydig by die Groenhuis Gastehuis in Philippolis. Anders is jy dalk goeie akkommodasie kwyt.

Contact Person Jens Friis
Contact Details 084 58 101 49 
Event website http://philippolis.blogspot.com/2007/06/philippolis-die-plek-van-sterre-stilte.html